Die kat kom weer…

Obi Wan Catobi Foto: RSPCA

Obi Wan Catobi Foto: RSPCA

‘n Kat wie se eienaar van Londen na Leeds verhuis het, se kat is nege weke nadat dit in Leeds verdwyn het, in Londen opgespoor.

Adam Williams (32), die kat Obi Wan Catobi se eienaar, meen sy kat het in sy terugtog van 320 kilometer van Leeds na Londen van openbare vervoer gebruik gemaak “want Obi haat motors”.

Konstruksiewerkers het hom verlede Donderdag in ʼn hotel, wat nog in aanbou is, naby Euston-treinstasie opgespoor. Hy het al in April verdwyn.
Obi is danksy ‘n mikroskyfie met sy eienaar herenig.

Bron: Belga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.