Dié mense moontlik ‘Time’ se mens van die jaar vir 2018

Amerika se president, Donald Trump. (Foto: Withuis via Wikipedia)

Die bekende nuustydskrif Time het onlangs sy kortlys vir die jaarlikse Time’s Person of the Year-toekenning bekendgemaak.

In onlangse jare het die kortlys vir dié toekenning mense soos rolspelers in die #MeToo-beweging, Hillary Clinton, Amazon se uitvoerende hoof Jeff Bezos, Sjinese president Xi Jinping, Black Lives Matter-aktiviste en Beyoncé ingesluit.

Hier is die tien finaliste van 2018 se mens van die jaar wat deur Time se redakteurs aangewys is:

Donald Trump

Die 45ste president van dis VSA. Hy het sy tweede termyn gekenmerk deur krisisse te hanteer, asook deur homself én sy werknemers in gevaar te stel.

Verdeelde gesinne

Van die meer as 2 000 gesinne wat by die Amerikaanse grens geskei is onder Trump se administrasie. Dit het gelei tot duisende kinders wat in staatsfasiliteite in aanhouding was terwyl hul ouers tronk toe gestuur is.

Ryan Coogler (Foto: Wikipedia/Gage Skidmore)

Wladimir Poetin

Die president van Rusland het in die onlangse verkiesing ʼn wegholoorwinning behaal en sy termyn met nog ses jaar verleng.

Robert Mueller

Die direkteur van die Amerikaanse speurdiens (FBI) en die naaswenner van verlede jaar se Time-toekenning.

Ryan Coogler

Die 32-jarige regisseur van vanjaar se bekende Marvel-fliek Black Panther.

Christine Blasye Ford

Die sielkundeprofessor het ʼn simbool vir oorlewendes van seksuele aanranding geword toe sy teen hooggeregshof-regter Brett Kavanaugh getuig het.

Jamal Khashoggi

Die kommentator en kritikus van Saudi-Arabië se prins Mohammed bin Salam is die laaste keer gewaar waar hy die konsulaat in Istanboel binnegaan. Dié joernalis is vermoedelik vermoor in opdrag van die prins.

Meghan, die hertogin van Sussex. (Foto: Paul Edwards, AP)

March for our lives-aktiviste

Nadat 17 mense by ʼn massaskietery by Marjory Stoneman Douglas High School doodgeskiet is, het studente van verskeie skole die #NeverAgain-veldtog begin.

Moon Jae-in

Die Suid-Koreaanse president is onder die kandidate.

Meghan Markle

Die voormalige Hollywoodster en aktivis het haar rolle op die kassie ingeruil vir ʼn koninklike titel toe sy met prins Harry getrou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AW ·

Time Magazine Person of the Year 2018 recognises journalists ……….

Rupert Ashford ·

Ja, basies hulleself ‘n klop op die skouer gegee, en nog ‘n nare stukkie oor Pres Trump wat dan nou kwansuis “runner-up” was. Figjam.

Therese ·

Genugtig, is dit die beste wat die wêreld kan oplewer! Die mensdom is verder heen as voorheen vermoed.
Donald Trump is slegs op Time se lys sodat hy weer eens verneder kan word. Hulle is tog so deursigtig.

Magaretha van heerden ·

Liewe aarde ons weet die wereld het mal geword maar om Meghan as die persoon van die jaar te wil aanwys is totale malligheid. Wat is aan haar behalwe dat sy n man gevang het met groot sorg. Dan wil ek weet hoe kan daar gese word Trump het sy mense en homself in gevaar gestel as ons weet dis die Lefts en globalists onder die Demokrate wat die gevaar veroorsaak het met hul haat vir n uitstekende President. Ek hoop die Suid Afrikaners beoordeel alles self en volg nie die media soos skape nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.