Dié naam ‘onvanpas’ in Swede

Swede se landsvlag. (Argieffoto ter illustrasie)

Ouers in die suide van Swede is deur die belastingagentskap van dié land verbied om hulle pasgebore babaseun “Wladimir Poetin” te noem.

Die Sweedse belastingagentskap voer onder meer aan dat dié naam, die naam van Rusland se president, ʼn “onvanpaste” keuse is.

Volgens die landswette mag voorname nie aanstoot gee of die draer van die naam in ʼn ongemaklike posisie plaas nie.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland. (AP Photo/Dmitri Lovetsky)

Daar is ook aangevoer dat vanne nie geskikte voorname is nie – dit geld ook name wat soos vanne lyk of klink.

Die owerheid het ook geweier om “Wladimir” en “Poetin” as twee afsonderlike voorname te oorweeg, en voer aan dat dié naam en van as ʼn eenheid beskou moet word.

In die brief waarin in die ouers se aansoek vroeër die maand verwerp is, het die agentskap ’n nuwe registrasievorm vir die ouers aangeheg.

Dit is egter onduidelik of hulle al intussen ’n nuwe naam vir hul pienkvoet gekies het en of hulle teen die beslissing gaan appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Noem hom julius of zuma dan kan julle hom enige plek stuur

Tiptol ·

Gelukkig beskerm iemand die arme baba wat met so naam moet groot word.

Peach ·

Kan Suid Afrika nie ook asb dieselfde rigting inslaan? Sommige name darem….. gaan maar liefs niks verder sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.