Die nuwe koninklike baba is hier!

William, Kate en hul babaseuntjie, prins George. Kate se pa, Michael Middleton, het die foto geneem.  (September 2013)

William, Kate en hul babaseuntjie, prins George. Kate se pa, Michael Middleton, het die foto geneem. (September 2013)

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate, se dogtertjie is Saterdagoggend om 08:34 by St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore.

“Die baba weeg 8 pond 3 onse [3.76 kg],” het Kensington-paleis amptelik op sosiale media bekend gemaak. “Die hertog van Cambridge was teenwoordig met die geboorte.”

Die koningin, die hertog van Edinburgh, die prins van Wallis en die hertogin van Cornwall, prins Harry en lede van al twee families is reeds in kennis gestel van die geboorte.

“Dit gaan baie goed met haar koninklike hoogheid en haar kind.”

Die dogtertjie se naam is nog nie bekend gemaak nie. Dit is Kate en William se tweede baba nadat prins George op 22 Julie 2013 by dieselfde hospitaal gebore is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Peet Schabort ·

Veels geluk Willem en Kaatjie. Dat jul gewag het tot geboorte om dan te sien wat is die geslag van die baba is wonderlik. Julle is die Britse troon waardig.

Bernie Scholtz ·

Veels geluk met die nuwe baba dogtertjie William en Kate . Mag sy vir julle groot vreugde bring.

Gerhard ·

Aan ‘n Seepkissie.

Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
        Om hier in ons land as ‘n doodkis te dien;
Hulle het op jou letters geverwe, seepkissie,
        En ek het jouselwe as doodkis gesien.

Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie,
        Het hier in die kamp met sy sussie gekom—
En jy was bestem, soos jy weet, seepkissie,
        Daar oorkant in England, as doodkis vir hom!

Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie,
        Was fluks en gesond, vir sy jare nog groot;
Maar hier in die kamp, soos jy weet, seepkissie,
        Was hy maar drie weke, en toe—was hy dood!

Onthou jy vir Jannie? Jy weet, seepkissie,
        Hy het in sy speletjies met jou gespeel;
Die son het sy krulkop geskilder, seepkissie,
        So blink as sy strale, as goud so geel.

Op die Vrydagmôre, onthou jy, kissie?
        Het Tannie gesê: “Ag, klein Jannie die hoes!”
En die Vrydagaand, soos jy weet, seepkissie,
        Was Jannie se lewe al half verwoes.

Hulle het jou op Saterdagmiddag, seepkissie,
        Gedra na sy tent as ‘n doodkis daar!
Die wit gesiggie—jy weet, seepkissie,
        Die handjies gevou en gekruis oormekaar.

-C. Louis Leipoldt

Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
        Om hier vir ons kinders as doodkis te dien:
Hulle het vir jou lykies gevinde, seepkissie,
        En ek het jouselwe as doodkis gesien.

Peet Schabort ·

Gerhard, jou kommentaar is onvanpas. My oupa was ook ‘n bittereinder waarvan sy “lint voor wonde”-sertifikaat in my besit is. Ek is onder die indruk dat ek die enigste privaat persoon is wat so-iets het. Twee van sy broers is weggestuur in ballingskap en die jongste het gesneuwel in die oorlog. My ouma was in die Middelburgse kons.kamp as sewejarige.
Ons moet die m@er in wees vir die d@nn$rse verraaiers en rooikoppe in eie geledere en natuurlik die groot vloek van ‘n Kitchener en sy voorganger. Tog kan ons nie die afstammelinge van die boereverraaiers verantwoordelik hou vir wat gebeur het. Ek is egter bitter dat die Engelse weier om verskoning te vra waar die Duitsers groot genoeg was om hul wreedhede te erken.

Gerhard ·

Peet, die opgewondenheid oor die geboorte van nog ‘n Britse koninklike het onwillekeurig hierdie woorde van Leipoldt by my opgeroep. Ek is jammer dit het jou ontstem.

Andre ·

Peet wie kies nou eintlik wat vanpas is. Dit is ok as iemand teen die hoofstroom gaan. Nie almal beleef als diesefde nie, dit maak ons unieke mense.

Eliza-beth ·

Ja wat Gerhard, dis nou bietjie onsmaaklik. ‘n Nuwe lewe wat in liefde ontvang word is altyd iets om oor te jubel. Laat ons nie in die verlede bly leef nie, Engeland het ons in die verlede baie kwaad aangedoen – my oumas was in konsentrasiekampe maar ek kerm nou nie nog daaroor nie wat. Dis verby, die lewe gaan aan ek ek sien net mooi om my – helderblou hoëveldse lug, goud in die veld… die najaar is mooi!

Peet Schabort ·

Geen probleme Gerhard. Ek het in Bloemfontein met die 100jarige herdenking vd ABO ‘n video geneem met o.a. ‘n seepkissie. Terwyl ek die seepkissie afneem het ‘n kleintjie verby daardie kissie gewaggel. Niks is beplan daar die kleintjie in die video verskyn het terwyl ek besig was om af te neem. Dis of dit gister was en van daar ook seker my ontsteltenis wat weer herleef.

Gina de Witt ·

Ek het vanoggend op die snaakste manier by julle uitgekom. Lus gehad vir ‘n bietjie Leipodt en hier beland. Baie geniet. Alhoewel ek ‘verengels’ is, bly afrikaans vir my die mooiste taal en probeer bes wil dit lewend behou. My afrikaans is nie uit die boonste rakke uit nie, so julle sal maar moet ‘edit’ waar nodig :) Lekker dag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gina

Baie welkom op Maroela!
Ek hoop jy kuier sommer baie lekker verder saam.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Alwyn ·

Veels geluk aan die egpaar Hulle het nie op hulle laat wag nie

Franco ·

Weet nie hoekom daar nog ‘n ophef van die Britse koningshuis se manewales gemaak word nie. Hulle verteenwoordig die volk wat die Afrikaner probeer uitwis het . Stel niks in hulle belang nie

Maggie ·

Gerhard en Franco, nee sies man!
Julle moet vergewinsgesind wees en saam feesvier. Hoe sou ons ou landjie vandag gelyk het met ‘n paar duisend meer blankes. Vergewe tog nou maar. En as ou Malema se ou kindjie gebore word gaan ons net so lekker saam feesvier en pap eet – want ons vergewe mos nou maar almal wat die Boere uitmoor. Die sondes van die vaders …

Peet Schabort ·

Gerhard, sê vir Maggie sy mag gie kommentaar lewer nie …

jacques ·

Tot nou toe het ons nog nie erkening gekry vir wat hulle gedoen het aan ons nie,hulle het eerder vir die wereld laat dink dat ons die slegtes was in SA teen swartes,en nog steeds.
Daar is tot n britse politikus geskors nou in Eng omdat hy simpatie gehad het met ons
Afrikaners hier,en baie van my Eng vriende voel ook Eng het hulle veraai.

Aterdieanc ·

En steeds uitwis…! Gaan kyk wie sit agter die huidige “regering”

HEVW ·

Volgens die gedig van Totius is die wonde van die klein doringboompie genees, maar wat waar is, die lidtekens is blywend. So lei ek van die kommentare ook af. Interessant die vroulike van hertog is hertogin. Is die vroulike vorm in ons Afrikaansetaal dan meer van toepassing nie? Maroela help asb. in die taalprogram.

Peet Schabort ·

En daar gaan hulle huistoe sonder blouligte of sirenes met mouterbaaiks wat hulle begelei!!! Hulle ry ook statig en ordentlik stadig.
A-nee-a, die Engelse het vêêêrrr agtergebly. Hier by ons moet hulle kom kyk hoe word dit gedoen. Sodra niks iets geword het is daar begeleiding uit die boonste rakke. Jy ry ook om dood te ry wat ookal in jou pad kom.
Nee-wat, gee my ONS warrahoevas wat (dink) hulle weet wat hulle doen. Dis ‘n avontuur om hulle op die pad te kry. So onvoorspelbaar soos Afrika kan wees.

Neptunus ·

Komaan Peet, skei uit. Daardie Range Rover is seker van die soort met landmynbestande bakwerk en koeëlvaste vensters. En dink jy werklik dit was nie vergesel van enige voertuie met lyfwagte wat tot die tande bewapen was nie, hoe diskreet ook al?

Gerhard se bydrae heelbo is heel relevant, en plaas ons ou volkie se opgewondenheid oor die nuutste lid van die herdoopte Huis van Saxe-Coburg-Gotha mooi in perspektief. Wat mens ook van hulle dink, die Britte se optrede teenoor die destydse Boererepublieke was baie erger as toe Saddam Koeweit binnegeval het. Kan jy dink wat die wêreld se reaksie vandag sou wees as familielede van ISIS of Boko Haram skielik in konsentrasiekampe geplaas word om te keer dat hulle voedsel en skuilplek daar vind?

Peet Schabort ·

Neptunus, dankie vir die geskiedenisles. Ek besef nou eers hoe min ek weet en dat die bietjie wat ek weet dit ook nog verkeerd verstaan. Daardie Range Rover (ek glo jy het die fabrikaat reg) is nie net ‘seker’ soos jy dit stel landmynbestand maar definitief.
Verder moet jy maar my goed wat ek skryf ook tussen die lyne lees. Somtyds is/was daar ook iets versteek. Tog lyk dit of jy ook gevang word met inligting soos die lyfwagte wat ek subtiel met ‘n rede en ‘n doel weglaat. Daar is ook TWEE Range Rovers wat ek moedswillig die een misgekyk het, Ja, ek mag dom wees maar ek is nie onnosel.

Neptunus ·

Nog nooit beweer of gedink jy is dom of onnosel nie Peet. Daar was laas ook twee Range Rovers as ek reg onthou. Wonder of die hertog hierdie keer die karstoeltjie regte kant na voor ingelaai het?

Koos ·

Net so interessant soos die Zoeloe koning se vyfde vrou se hoeveelste kind se aankoms

jacques ·

Al een van die royals wie se kop reg aangesit was Dayana gewees dink dis hoekom sy verwyder was.Ek weet my post gaan nie gepost word nie maar dis ok,aanbid maar julle engelse lords as julle dink hulle gaan julle red.Engeland haat ons afr wittes in die suide gaan lees maar hulle ou nuus oor ons watse verskriklikke mense ons afrikaners is.

gerda ·

Fredi ons dink aan jou en dra jou en jou gesin in ons gebede op aan God. Hy is die almagtige geneesheer en vir Hom en deur Hom is niks ontmoontlik nie. Spoedige beterskap vir jou

EMK ·

Gerda, jy moet mooi kyk waar jy kommentaar lewer meisie. Hierdie is nie Oor Fredi Nest maar die nuwe koninklike baba! :D Ander mense – laat ons tog die bitterbekgeid oor die Anglo Boer-oorlog nou laat staan, julel kla gedurig dat die regering en swartes moet ophou om alles vir Apartheid te blameer en nou doen jul eintlik maar dieselfde ding!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.