Die padda wat gloei

(Foto: skermskoot)

(Foto: skermskoot)

ʼn Padda wat in die donker kan gloei, is vir die eerste keer in Suid-Amerika ontdek.

Wetenskaplikes van die Bernando Rivadaiva-natuurwetenskapmuseum het hierdie verskynsel ontdek terwyl hulle ʼn studie gedoen het oor die oorsprong van pigmente in paddas in Suid-Amerika. Volgens Carlos Taboada, een van die navorsers, is dit die eerste wetenskaplike rekord van ʼn padda wat kan gloei in die donker.

In normale lig lyk die padda geelbruin met rooi kolletjies. As daar egter ʼn ultravioletlig daarop geskyn word, het die padda ʼn fluoorgroen kleur. “Dít skep nuwe vrae oor visuele kommunikasie tussen amfibieë,” het Julian Faivovich, ‘n navorser, gesê.

Die span wat die navorsing gedoen het, het omtrent 200 voorbeelde ondersoek om die bevinding te staaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.