Die tonge klap (wéér) oor Trump en Melania

Donald Trump en sy vrou, Melania, op 18 Julie 2016 by die Republikeinse nasionale konvensie in Cleveland Foto: Carolyn Kaster/AP Photo

Die Amerikaanse presidentsegpaar, Donald en Melania Trump, is vandeesweek wéér in die sop – dié keer oor finansies.

Volgens The Independent is Amerikaners warm onder die kraag nadat Trump se reiskoste onlangs aan die media uitgelek is.

Dié webwerf berig die Amerikaanse president se reiskoste het Amerikaanse belastingbetalers nagenoeg $24 miljoen (ongeveer R320 miljoen) gekos sedert hy tien weke gelede by die Withuis ingetrek het.

Barack Obama, die VSA se vorige president, het glo dié bedrag aan minstens twee jaar se reiskoste bestee.

Volgens The Independent is dié bedrag so hoog omdat Trump baie gereeld na Mar-a-Lago- in Florida toe vlieg. Een van die uiteenlopende wegbreekuitstappies kos glo $3 miljoen (ongeveer R40 miljoen).

Melania spring nie kritiek van die Amerikaanse publiek vry nie.

Die presidentsvrou het Maandag haar eerste amptelike Withuis-portret aan die media bekendgestel en is skerp gekritiseer vir ʼn ring met ʼn diamant van 25 karaat wat glo $3 miljoen (ongeveer R40 miljoen) kos.

Verskeie kritici het daarop gewys dat dié geld eerder ingespan kon word vir van Trump se voorstelle aan die regering soos die Meals on Wheels-program wat vir minderbevoorregtes kos gee.

Die presidensie het egter teruggekap en gesê die ring was ʼn herdenkingsgeskenk wat Trump reeds in 2014 vir Melania gekoop het.

Hy het ook gesê hy gebruik sy eie geld vir dié wegbreek-naweke.

Bron: The Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

foxi ·

Nog n zuma….trump het soveel van sy eie rykdom. Maar dit wys jou net…hoe meer jy het…hoe meer wil jy hê!!!!

Bietjie bietjie ·

Hey glo jy alles wat die media kwytraak?
Dink mooi voor jy sommer afleidings maak op dit wat die media vir jou voer !
Trump reis baie en het meer gedoen in sy kort tyd as president as enige van sy voorgangers .
Dink net as “Killary” aan diens was hoe groot die fiasko !
All talk but no action!

Cherokee ·

Nog ‘n Zuma sê jy? Jy moet eerder jou feite agtermekaar kry voor jy hom met Zuma wil vergelyk. Weet jy wat Trump se salaris is? Ek twyfel of jy weet. Dit is $1 per jaar.

Willem ·

… en Trump weier om bewyse te lewer dat hy wel net $1 per jaar vat. So is dit leueuns soos al sy ander beloftes?

Connie Anderson ·

Donald Trump is ‘n man wat deur God aangestel is om Amerika te regeer. Hou op om hom te kritiseer. Hy gebruik sy eie geld.

Bryanette ·

Amerikaners is geneig om alles uitverband uit te ruk! So, wat ek ookal lees…lees ek met n knippie sout!! Trump doen goed en die opposisie is mos daar om te kritiseer…ek het nog nooit net iets goed van enige President gehoor nie!

Johann ·

Obama en Trump is nie in die selfde kategorie nie, dit is waarom Trump nou President is en nie die opposisie nie

Tinka ·

Jaloesie is n lelike ding. Ad die man sy geld spandeer op duur ringe en uitstappies is dit sy probleem. Hy het van die begin af gesê hy gaan die n salaris vat elke maand nie want hy het genoeg geld. Die liberale wat so kla moet maar mooi in die spieël gaan kyk. Skinner sal mense skinner dis in hulle natuur. Enige iets om n ander sleg te maak. Julle wat so kla hoeveel van julle geld gee julle vir die minder bevooregtes? Niemand gee Trump n regverdige kans nie. Obama het net suur druiwe omdat hy uit sy posh huis moes trek. Word groot mense kla oor dinge wat saak maak. Julle spandeer teveel tyd aan iets wat niks eers met julle te doen het nie.

foxi ·

Tinka, ek glo nie enige-iemand is jaloers nie hoor. As jy mooi lees sal jy verstaan hoekom mense kommentaar lewer. En as dit niks met enige-iemand te doen het nie, moet jy kla by die media.
Deur ook stil te bly en niks doen is die wêreld in n gemors……so het ons as suid afrikaners ook net te lank stil gebly oor die geplundery in ons regering. Ons sit waar ons sit deur net stil te bly!

KarenG ·

Volgens die berig het Obama niks oor Trump se reis kostes gese nie. Daar is wel ‘n vergelyking getref tussen hulle. So nie seker waar die suur druiwe vandaan kim nie….

Amanda ·

Vat jy die woorde so uit my mond Tinka. SA het hul eie probleme. Werk eerder daaraan.

John ·

En beide kry geen salarisse van die staat nie. Die kritici is siek met die pers bo-aan. Al die pogings om Trump uit die stoel te lig, gaan hom dwing om foute te maak, soos nou in Sirie deur vals inligting aan hom te verskaf. Die Pentagon en FBI is die kluts kwyt en soek orals skoor om hul nuutste ‘war games’ te speel. Uiteindelik gaan dit die VSA duur te staan kom.

Lollie ·

As dit al probleme was wat ons president ons gegee het was ons in die land van melk en heuning en het niks dan gehad om oor te kla nie. Sou lekker rustig in die aand geslaap het en geen kommer verder gehad het nie!!!!

HenriëtdT ·

Ag nee wat, almal wat so gal braak…julle is lyk my bietjie jaloers. En Zuma, het nie eers sy eie geld nie , gebruik belasting geld, maar julle is kwaad vir Trump!!!!

Pop ·

Trump is een van die min presidente in die wereld wat nie belastingbetalers se geld gebruik vir hom of sy gesin nie. Arme Melania, moet sy noe haar mooi klere en juwele wegbêre om die suurknolle tevrede te stel. Aangesien die publiek nou so wil geld hê vir meals on wheels moet hulle maar almal meer belasting betaal daarvoor en sien of hulle daarvan sal hou as hulle eie sakke ligter word. ??Maroela regtig!!!ons presedent sorg vir genoeg skandale dat ons ander lande se skinder nuus moet lees.

Willem ·

Jy weet dat hy weier om bewyse te lewer dat hy nie wel die salaris vat vir die presidentskap nie?

TrotsUSA ·

Bly nou al vir omtrent 7jaar in die VSA, eks trots op my president, Trump,, captain, my captain!

Willem ·

Hoekom is jy trots op hom? Hy het sy hele campaign gebasseer op valse beloftes!

Kobus ·

Hy skep meer werk, bespaar meer geld, bring besighede terug. As die negatiewe demokrate nie soos ‘n foksterier aan sy broekspyp hang nie, kon hy al baie meer gedoen het … :)

Lorett ·

Skinner en kwaadstook is n lelike ding en jaloesie nog leliker.

Willem ·

Dis nou die man wat lieg oor alles. Het hy nie gesê hy gaan ISIS in 30 dae uitsort nie? Lieg. Het jy nie gesê hy sal Hillary in die tronk sit nie? Lieg. Dat hy nie sou salaris vat nie? Lieg. Dat hy uit Syria sal uitbly? Grootste lieg.

Patrys ·

Dis dieselfde president wat nie ‘n salaris trek nie? As hy nie eers ‘n salaris kry nie waaroor kla julle??

Willem ·

Dit was wat hy gesê het hy gaan doen, maar hy weier om bewyse te lewer dat dit wel die geval is. Lyk of julle hook, line en sinker val vir sy leuens

lenette ·

Genade hy se mos dis sy eie geld wat hy gebruik hoekom gaan julle so aan en hoekom moet hy nou bewys hy kry nie salaris nie. Sekerlik sy hele kabinet sal mos weet of hy kry of nie. En hulle nog nie iets gese nie. Ons kan net wens ons kry eendag so peesident

Victor ·

Wel, dit was een van baie campaign beloftes nie nagekom nie, so natuurlik maak dit saak

Christiaan ·

Willem, jy moet jou feite agter mekaar kry, seun! Lyk vir my JY sluk alles wat die liberale nuus netwerke jou voer! Die plaaslike liberale nuus het gevra vir ‘bewyse’ dat hy wel sy salaris aan verskeie instansies skenk! Soos jy, het hulle dit natuurlik nie geglo nie totdat sy press secretary die check aan die media gewys het. Nou is hulle tjoep stil! Twwedens, die ring wat die Melania dra is met sy eie geld gekoop! Derdens, HY betaal sy reiskoste na Florida vir sy vakansie tyd. Vierdens, hy het nooit gesê hy gaan ISIS is 30 dae ‘uitsort’ nie. Wat hy wel gesê het is dat hy ‘n plan op sy tafel wil hê, in 30 dae, hoe ISIS verslaan kan word! En indien jy weet wie Rex Tillerson is… hy vat ook nie ‘n salaris van die Amerikaanse taxpayer nie!

Hans ·

Hy kon ook nie Mugabe uitsorteer nie,hy die trump het tog immers gese as hy pres word dan gooi hy vir mugabe in die tronk.Mense se geheue is baie kort.n leuenaar kan jy nooit vertrou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.