Dié vyfling enig in hul soort in VSA

Adam en Danielle Busby by een van hul dogtertjies. Foto: ANA-AP

Adam en Danielle Busby by een van hul dogtertjies. Foto: ANA-AP

ʼn Vrou van Texas in die VSA het geboorte geskenk aan ʼn vyfling – almal dogtertjies.

Volgens die Women’s Hospital of Texas is die vyf dogtertjies op 8 April deur middel van ʼn keisersnee in die lewe gebring. Danielle Busby was net 28 weke swanger toe die vyf hul opwagting gemaak het.

Busby se man, Adam en hul ouer dogter Blake, was reg om Olivia Marie, Ava Lane, Hazel Grace, Parker Kate en Riley Paige te verwelkom.

Volgens die hospitaal is dit die eerste keer dat ʼn vyfling in Amerika gebore word en almal dogtertjies is. Busby het intrauteriene bevrugting ondergaan met albei haar swangerskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gina ·

Baie geluk aan die ouers. Daar oorsee is daar teminste nog n toekoms. Om 2 groot te maak is baie werk, wat nog te sê van 5….Sterkte en hoop die bondeltjies gee net baie liefde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.