Die week in foto’s

VSA: ʼn Lugfoto wat op 10 Augustus geneem is, wys hoe huise en geboue op die waterfront in Lahaina tot op die grond afgebrand het in wegholbrande in die weste van Maui in Hawaii. Minstens 36 mense is dood in die verwoestende veldbrande. Amptenare het ʼn beroep op toeriste gedoen om die eiland te verlaat. Volgens die Hawaii-noodbestuursagentskap het die brande Dinsdag vroeg uitgebreek. Duisende hektaar, huise en sakeondernemings is in puin gelê en minstens 35 000 mense se lewens was in gevaar. (Foto: Patrick T. Fallon/AFP)

Frankryk: Griffin Colapinto van die VSA ry ʼn brander by Teahupo’o in Tahiti, Frans-Polinesië, net ’n paar dae voor die WSL Shiseido Tahiti Pro-branderplankrygeleentheid. (Foto: Martin Bureau/AFP)

China: Plaaslike inwoners ry met ʼn bromponie in ʼn oorstroomde straat nadat swaar reën Woensdag in die stad Zhuozhou, in die noorde van China se Hebei-provinsie, uitgesak het. China se hoofstad het die afgelope week rekordreënval ondervind wat infrastruktuur beskadig en dele van die stad se voorstede en omliggende gebiede oorstroom het. Luidens berigte is 15 mense dood en 22 word in die Hebei-provinsie, wat aan Beijing grens, vermis. (Foto: Jade Gao/AFP)

Portugal: ʼn Brandbestrydingsvliegtuig stort water oor ʼn veldbrand in Odeceixe, suid van Portugal. Honderde brandbestryders het gespook teen ʼn veldbrand wat vier dae lank in Portugal gewoed het en deur ʼn hittegolf veroorsaak is. Talle weerwaarskuwings is weens die versengende hittegolf uitgestuur. Die Iberiese Skiereiland word die swaarste getref deur klimaatsverandering in Europa en ondervind toenemende intense hittegolwe, droogtes en veldbrande. (Foto: Patricia De Melo Moreira/AFP)

VSA: (Van voor na agter) Carson, Rosie en Charlie Surfs Up ding mee tydens die Wêreld- branderplankrykampioenskap vir honde in Pacifica, Kalifornië. Die byeenkoms help plaaslike liefdadigheidsorganisasies om geld in te samel deur ʼn deelnemer of span te borg. ʼn Gedeelte van die opbrengs gaan aan organisasies sonder winsbejag vir honde, die omgewing en branderplankryers. (Foto: Josh Edelson/AFP)

Oekraïne: Reddingswerkers doen opruimingswerk naby ʼn beskadigde gebou ná Russiese missielaanvalle in Pokrovsk, in die Donetsk-streek, te midde van die konflik tussen Rusland en Oekraïne. (Foto: Anatolii Stepanov/AFP)

Skotland: Rima Nakamura van Japan neem Maandag deel aan die BMX-vryslagparkfinaal vir mans tydens die UCI Fietsry-wêreldkampioenskap in Glasgow, Skotland. (Foto: Oli Scarff/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.