Die week in foto’s

Frankryk: ʼn Atleet ding op 2 September vroegoggend mee tydens die 20ste Ultra Trail du Mont Blanc (UTMB), ʼn 173 km-roete in die Alpe wat Frankryk, Italië en Switserland beslaan. (Foto: Jeff Pachoud/AFP)

Switserland: Hierdie lugfoto wat op 2 September geneem is, wys hoe spelers op ʼn drywende rugbyveld op die Genève-meer rugby speel, tydens die Waterrugby-toernooi in Lausanne, Switserland. Die drie dae lange toernooi word gereël deur LUC Rugby en meer as 240 spelers in Lausanne, Wes-Switserland, het aan die toernooi deelgeneem. (Foto: Fabrice Coffrini/AFP)

Griekeland: Motors en huise dryf rond in die oorstroomde gebied van Volos in die ooste van Griekeland. Minstens een mens is dood nadat stortreën die land getref het. Die gebied is boonop weke gelede deur erge veldbrande verwoes. (Foto: Eurokinissi/AFP)

VSA: Mense in Brooklyn aanskou ʼn toetslopie van die “Tribute in Lights”, ʼn gedenkligvertoning vir die 9/11-aanvalle in New York. (Foto: Ed Jones/AFP)

China: ʼn Werker dreineer vloedwater op ʼn pad in Hongkong. Rekordreënval het wydverspreide oorstromings in die vroeë oggendure van 8 September veroorsaak, wat pad- en spoorverkeer ontwrig het. Die stad het dae tevore massiewe skade weens ʼn supertifoon ontduik. (Foto: Bertha Wang/AFP)

Rook

Palestynse gebiede: Mense gaan deur vullis by ʼn stortingsterrein, terwyl rook van ʼn brand in die terrein, oos van Gasastad, oor die gebied waai. (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Tifoon

Taiwan: Massiewe golwe kom in Yilan, in die ooste van Taiwan, voor namate tifoon Haikui op 3 September hier aankom. (Foto: I-Hwa Cheng/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.