Die week in foto’s

Indonesië: Die berg Marapi soos gesien van Sungai Pua in Agam. Die vulkaan het warm as so ver as 3 000 m in die lug ingespoeg. Indonesiese redders was teen Woensdag nog op soek na ʼn stapper wat vermis geraak het. Minstens 11 stappers is dood ná die vulkaniese uitbarsting. (Foto: Adi Prima/AFP)

Australië: Twee een jaar oue kameelperde het ná ʼn kwarantynperiode by vier ander kameelperde in die Werribee Open Range-dieretuin aangesluit. (Foto: William West /AFP)

Verenigde State: Die Australiese branderplankryer Noa Dean is hard aan die oefen vir die komende Vans 2023 Pipeline Masters-geleentheid by Banzai-branderrif in Hawaii. (Foto: Brian Bielmann/AFP)

Frankryk: ʼn Brandweerman ​​by ʼn Piper PA-30 Twin Comanche-vliegtuig wat in Villejuif, Val-de-Marne, neergestort het. Die drie passasiers, is nie ernstig beseer nie, maar erg geskok in die hospitaal opgeneem. (Foto: Miguel Medina/AFP)

Switserland: ʼn Reusebeeld van Kersvader word teen die 2 024 m hoë Rochers-de-Naye in die Alpe weerkaats tydens ʼn vertoning deur die Switserse ligkunstenaar Gerry Hofstetter. (Foto: Fabrice Coffrini/AFP)

Colombia: Die wrak van ʼn Douglas DC-6-vliegtuig wat in ʼn hotel in die dorp San Gil in die Santander-streek omskep is. (Foto: Juan Barreto/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.