Die week in foto’s

Tsjeggiese Republiek: Ingrid Landmark Tandrevold, die Noorweegse tweekampatleet, neem deel aan die 15 km-item vir vroue tydens die IBU- tweekampwêreldkampioenskap in Nove Mesto. (Foto: Joe Klamar/AFP)

Sri Lanka: Olifante is besig om vullis te verorber naby vullishope in Polonnaruwa. Die land word tans deur ʼn ernstige olifantkrisis in die gesig gestaar, met ʼn bestendige toename in olifantsterftes die afgelope paar jaar. In 2023 was die dodetal hoog, met ongeveer 400 vrektes wat aangemeld is. Hierdie vrektes is hoofsaaklik as gevolg van konflik tussen mens en olifant, skietvoorvalle, motorongelukke en siektes.  (Foto: Thilina Kaluthotage/NurPhoto/AFP)

Verenigde State: ʼn SpaceX Falcon 9-vuurpyl sweef in ʼn wentelbaan nadat dit by die Kennedy-ruimtesentrum in Florida gelanseer is. Dit is deel van ʼn sending deur Nasa om meer oor die maan se oppervlakte te wete te kom. (Foto: Gregg Newton/AFP)

Japan: ʼn Huis dryf in die see nadat ʼn aardbewing en tsoenami die gebied in die Ishikawa-prefektuur op 1 Januarie getref het. Die sterk aardbewing het 7,4  gemeet. (Foto:Tetsu Joko/AFP)

Peru: ʼn Indiese renosterkoei word vir die eerste keer in die Parque de las Leyendas-dieretuin in Lima gesien. Die renoster, ook bekend as die groot eenhoringrenoster, kom van die Plackendale-dieretuin in België. Sy is as deel van ʼn EAZA-bewaringsprojek gestuur,  ʼn wêreldwye inisiatief vir bewaring van Indiese renosters. (Foto: Ernesto Benavides/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.