Die wêreld in foto’s – 1 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsondering vir ʼn tydperk van 21 dae ingestel. Spanje is een van dié lande. Só benut inwoners van dié land die tydperk van afsondering.

ʼn Vrou versorg plante in ʼn bloemistewinkel wat gesluit is in Pamplona in die noorde van Spanje. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

ʼn Vrou bak in die son op ʼn balkon in Barcelona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

ʼn Vrou draf op die dak van ʼn gebou terwyl ʼn ander inwoner kitaar speel in Barcelona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

Mense staan op balkonne terwyl hulle mediese personeel wat die Covid-19-pandemie help beveg, toejuig in Barcelona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

Mense staan op hul balkonne tydens die algehele landwye afsondering in Barcelona, Spanje. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dana ·

Goeie aarde. Die vrou staan in die vensterbank met ‘n baba in haar arms. Wat as sy haar balanss verloor om een of ander rede?

Fae Fubar ·

Dana, ek sien dat daar ‘n afskorting voor haar is, maar ja – ek stem saam dat ‘n ongeluk maklik kan gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.