Die wêreld in foto’s – 1 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vuurwerk bokant die Maracan-stadion in Rio de Janeiro as ʼn proeflopie vir die openingsgeleentheid van die Rio Olimpiese Spele in Brasilië. Foto: AP Photo/Felipe Dana/ wire.africannewsagency.com

Die laagliggende Ellicott City in die Amerikaanse deelstaat Maryland is Saterdag deur ʼn vloedwater verwoes. Etlike mense is dood en aansienlike skade is aan huise en ondernemings aangerig. Foto: Kevin Rector/The Baltimore Sun via AP/ wire.africannewsagency.com

Die toneel in Austin, Texas, waar ʼn vrou Sondagoggend vroeg doodgeskiet is. Verskeie mense is beseer toe skote afgevuur is teen die tyd dat die kroeë in die vroeë oggendure sluit. Die polisie is op soek na verdagtes. Foto: Ricardo B.Brazziell/Austin American-Statesman via AP/ wire.africannewsagency.com

“Bevry die pers”, lui dié boodskap tydens Sondag se eerste herdenking van die moord op die fotojoernalis Ruben Espinosa in Mexiko Stad. Espinosa het onder meer vir ʼn ondersoekende tydskrif in Veracruz gewerk toe hy en vier vroue in ʼn woonstel in Mexiko Stad vermoor is. Foto: AP Photo/Marco Ugarte/ wire.africannewsagency.com

Pedro Pablo Kuczynski, die nuwe Peruviaanse president, wuif vir die skare tydens ʼn militêre parade verlede week om dié land se onafhanklikheid te vier. Kuczynski is Donderdag as president ingehuldig. Foto: AP Photo/Rodrigo Abd/ wire.africannewsagency.com

ʼn Duiker besig om Sondag ʼn sierlike sprong uit te voer tydens die jaarlikse tradisionele hoëduikkompetisie in Gjakova, 100 km suid van Pristina in Kosovo. Foto: AP Photo/Visar Kryeziu/ wire.africannewsagency.com

ʼn Atleet in ʼn aangepaste rolstoel neem deel aan die 17de Bogota-halfmarathon in dié Colombiaanse stad. Sowat 45 000 mense, ook buitelandse atlete, het aan dié wedloop deelgeneem. Foto: Xinhua/Jhon Paz/ wire.africannewsagency.com

“Alter”, ʼn robot met die voorkoms van ʼn mens, word bekendgestel in die nasionale museum vir nuwerwetse wetenskap en innovering in Tokio, Japan. Die robot wat gesamentlik deur die universiteite van Osaka en Tokio ontwikkel is, beskik oor die vermoë om sy arms, vingers, bolyf en kop te beweeg soos wat ʼn mens dit doen. Die robot se veranderende gesigsuitdrukking laat besoekers meen die robot is meer mens as masjien. Foto: AP Photo/Koji Sasahara/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.