Die wêreld in foto’s – 1 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Drie wit ganse langs ’n rivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

’n Seuntjie koel homself af by ’n waterfontein in Seoel in Suid-Korea. ’n Waarskuwing vir ’n hittegolf is vir dié dag uitgereik. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Pikkewyne swem rondom ’n duiker terwyl hy ’n tenk in ’n akwarium in Engeland skoonmaak. (Foto: Ben Brichall, AP)

’n Bok hardloop deur ’n veld in Minsk, Belarus. (Foto: Sergei Grits, AP)

’n Mopshond (“pug”) sit in die skaduwee van ’n sambreel en ’n boom in München, Duitsland. (Foto: Peter Kneffel, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mornay ·

Fotos baie mooi

Mopshond reg vir die Rugby sou dink dis eerder n vel hond ha ha

Dankie MM jul maak my dag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.