Die wêreld in foto’s – 1 Augustus 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Pous Franciskus poseer saam met nonne vir ’n familiefoto aan die einde van sy weeklikse oudiënsie in die Paul VI-saal in die Vatikaanstad. Pous Franciskus het ná ’n maand se vakansie teruggekeer met ’n boodskap wat waarsku oor die “afgode” van geld, dwelms en ydelheid. Hy het gewaarsku dat hierdie dinge mense se aandag van God aflei en hulle blind maak vir liefde. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Die polisie keer talle opposisieparty-ondersteuners voor wat die Zimbabwiese verkiesingskommissie se kantore in Harare, Zimbabwe, wil binnegaan. Terwyl dié land homself voorberei het vir die eerste amptelike uitslae van die presidensiële verkiesing, het die verkiesingskommissie Woensdag aangekondig Zimbabwe se regerende party het die meerderheid sitplekke in die parlement gewen. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi)

’n Plakkaat van ’n vermiste hond word Woensdag, tien dae ná die veldbrand, op ’n paal in Mati, oos van Athene, geplaas. Volgens owerhede is die liggame van 76 mense wat in Griekeland se dodelikste veldbrand in dekades dood is, reeds geïdentifiseer. Forensiese deskundiges werk onverpoosd voort om meer oorblyfsels uit die verbrande oord se gebied te identifiseer. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Betogers gekant teen die verregse aktivis Tommy Robinson betoog buite die Royal Courts of Justice in Londen. ’n Britse hof het borgtog aan Robinson toegestaan ten tyde van sy appèlaansoek teen die kriminele klagtes teen hom. Robinson is vir die afgelope 13 maande in aanhouding nadat hy regstreeks buite ’n kriminele verhoor uitgesaai het. Hiérdie tipe verslaggewing word nie toegelaat nie. (Foto: John Stillwell, AP)

Die oewer van die Donau-rivier is Woensdag met laagwater sigbaar in Mariaposching, Suid-Duitsland. (Foto: Armin Weigel, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.