Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Beamptes help ʼn gesin om hulle huis te ontruim ná ʼn groot storm verwoesting gesaai het in Hasan in Albanië. (Foto: Hektor Pustina, AP)

Prins Carl Philip van Swede en prinses Sofia met hulle tweede seun, prins Gabriel, by die doopplegtigheid. (Foto: Jonas Ekströmer, AP)

Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, tydens hulle eerste amptelike en gesamentlike besoek in die openbaar. Hulle neem deel aan ʼn bewusmakingsveldtog oor MIV/vigs. (Foto: Alastair Grant, AP)