Die wêreld in foto’s – 1 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Beamptes help ʼn gesin om hulle huis te ontruim ná ʼn groot storm verwoesting gesaai het in Hasan in Albanië. (Foto: Hektor Pustina, AP)

Prins Carl Philip van Swede en prinses Sofia met hulle tweede seun, prins Gabriel, by die doopplegtigheid. (Foto: Jonas Ekströmer, AP)

Prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, tydens hulle eerste amptelike en gesamentlike besoek in die openbaar. Hulle neem deel aan ʼn bewusmakingsveldtog oor MIV/vigs. (Foto: Alastair Grant, AP)

Chinese veiligheidsbeamptes marsjeer verby ʼn hoop fietse buite die Indiese ambassade in Beijing. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ʼn Vrou vee ʼn perseel, bedek deur vulkaniese as van die aktiewe vulkaan op Berg Agung in Bali, skoon. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.