Die wêreld in foto’s – 1 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Werker loop onder die vlae van verskeie lande deur terwyl dit trots wapper by die Olimpiese- oord vir die 2018 Winter Olimpiese Spele in Gangneung, Suid-Korea. (Foto: Charlie Riedel, AP)

Soldate van Sri-Lanka marsjeer Donderdag gedurende ’n kleedrepetisie vir die Onafhanklikheidsdag–parade in Colombo, Sri-Lanka. Sri Lanka vier op 4 Februarie die 70ste herdenking van onafhanklikheid van Britse koloniale heersers. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Theresa May, Brittanje se eerste minister, en haar man, Philip May, besoek Donderdag die Paleis-museum oftewel die Verbode Stad, in Beijing. May het Woensdag China geloof vir dié land se vinnig-groeiende ekonomie en hulpverlening aan Britse ondernemings. (Foto: Jin Liangkuai, Xinhua)

‘n Valuta-handelaar hou Donderdag rekenaarmonitors dop by die buitelandse valuta-handelskamer in Seoul, Suid-Korea. Asiatiese markte was gister onvoorspelbaar, met Tokio-aandele wat hoër verhandel het, terwyl die jen teenoor die Amerikaanse dollar verswak het. (Foto: AP Foto / Lee Jin-man)

Die maan in Orlando, Florida. (Foto: Red Huber/Orlando Sentinel via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.