Die wêreld in foto’s – 1 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense neem foto’s voor ʼn bevrore fontein in Bryant Park, New York. Die bibberweer wat deur die ysige draaikolk in die Verenigde State se midweste veroorsaak is, het vanaf Woensdag na New York versprei. Sneeuval en sterk stormwinde het daartoe bygedra dat temperature drasties tot onder -12 grade Celsius gedaal het. (Foto: Wang Ying, Xinhua)

’n Sjinese kunstenaar van die Shanxi-provinsie lewer ’n akrobatiese uitvoering by ’n tempel tydens die Sjinese Lentefeesviering in Sharm el-Sheikh, Egipte. Dié Egiptiese stad bied ’n groot fees aan waar honderde Egiptenare en Sjinese dié Sjinese Lentefees vier. (Foto: Ahmed Gomaa, Xinhua)

Golden State Warriors se Kevin Durant (regs) teken punte aan nadat hy verby Philadelphia se Mike Muscala glip tydens die tweede helfte van ’n NBA-basketbal-wedstryd. (Foto: Ben Margot, AP)

Howard Schultz, voormalige uitvoerende hoof van Starbucks, lewer ’n praatjie in Seattle gedurende ’n geleentheid waar hy sy boek, From the Ground Up, bemark het. (Foto: Ted S. Warren, AP)

Jermaine Dupri (links) en Ludacris tree op gedurende die Bud Light Super Bowl-musiekfees by die State Farm Arena in Atlanta. (Foto: Paul R. Giunta, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.