Die wêreld in foto’s – 1 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Switserland se Stan Wawrinka slaan die bal terug na België se Ruben Bemelmans tydens die mans-enkelspel op die eerste dag van die Wimbledon tennistoernooi in Londen. (Foto: Ben Curtis, AP)

ʼn Model in ʼn skepping uit Iris van Herpen se Haute Couture Herfs-Winter-versameling vir 2019-2020 in Parys. (Foto: Francois Mori, AP)

ʼn Vrou kyk deur die venster na ʼn voëltjie wat haar kuikens in ʼn nessie voer in die dorp Podolye, 70 km oos van St. Petersburg, Rusland. (Foto: Dmitri Lovetsky, AP)

Die aanspraakmaker op die Konserwatiewe Party leierskap, Jeremy Hunt, lewer ʼn toespraak oor sy Brexit-plan in Londen. (Foto: Frank Augstein, AP)

President Donald Trump arriveer by die Withuis in Washington ná sy besoek aan Suid-Korea se president Moon Jae-in en Noord-Korea se leier Kim Jong-oen op die grensdorpie Panmunjom tussen Noord- en Suid-Korea. Hy het pas ook die G20-beraad in Osaka, Japan, bygewoon. (Foto: Andrew Harnik, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Julien Ginsberg ·

Dit is vir my uiters aangenaam om Maroela Media deur te lees en vir ons Afrikaans Sprekende Groep by ons Joodse oue tehuis te lees en ,bespreek.

Ons woon almal hier in Sydney Australia !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.