Die wêreld in foto’s – 1 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pendelaars op pad na ʼn trein in die Gare Saint-treinstasie in Parys. Min treine is beskikbaar nadat werkers begin staak het oor werksomstandighede. Foto: AP Photo/Markus Schreiber/ wire.africannewsagency.com

Mense vul emmers met water by ʼn handgedrewe waterpomp in Jammu, Indië. Mense in Indië is hoofsaaklik afhanklik van riviere vir water. Miljoene boere en stedelike inwoners moet staatmaak op grondwaterbronne, wat vinnig besig is om al hoe minder te word. Foto: AP Photo/Channi Anand/ wire.africannewsagency.com

Die nuwe Turkse premier, Binali Yildirim, kom aan by ʼn vergadering met die Cipriese-leier, Mustafa Akinci, op die Mediterreense eiland Ciprus. (AP Photo/Petros Karadjias) (AP Photo/Petros Karadjias/ wire.africannewsagency.com

ʼn Palestynse seuntjie en sy sussie wag vir ʼn reispermit om die Rafah-grens in die Gaza-strook oor te steek na Egipte. Egiptiese owerhede het vandag weer die grense vir vier dae geopen, die tweede keer in twintig dae. Foto: Xinhua/Khaled Omar/ wire.africannewsagency.com

ʼn Palestynse seuntjie en sy sussie wag vir ʼn reispermit om die Rafah-grens in die Gasa-strook oor te steek na Egipte. Egiptiese owerhede het vandag weer die grense vir vier dae geopen, die tweede keer in twintig dae. Foto: Xinhua/Khaled Omar/ wire.africannewsagency.com

Amptenare van die departement van nasionale parke, wild- en plantbewaring, kyk na die oorskot van ʼn beer en tier-kleintjies by die “Tiger Temple” in die Kanchanaburi provinsie, wes van Bangkok, Thailand. Volgens berigte is 40 dooie tier-kleintjies in ʼn vrieskas by die Boeddhiste-tempel gevind. Foto: Department of National Parks, Wildlife and Plant Conservation via AP/ wire.africannewsagency.com

Serena Williams reageer nadat sy die Oekraïne se Elina Svitolina tydens die vierde rondte van die Franse Ope met 6-1, 6-1. verslaan het by die Roland Garros-stadion in Parys. Foto: AP Photo/Christophe Ena/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.