Die wêreld in foto’s – 1 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Moslems in Maleisië kook ʼn tipe ryspap wat in die maand Ramadaan gemaak en versprei word. (AP Photo/Daniel Chan)

Theresa May, Brittanje se premier, lewer ʼn toespraak in Guisborough, Engeland, tydens ʼn verkiesingsveldtog. Brittanje hou op 8 Junie ʼn parlementêre verkiesing. (Steve Parsons/PA via AP)

Pres. Wladimir Poetin van Rusland praat met die hoofde van internasionale nuusagentskappe tydens ʼn vergadering by die Sint Petersburg Internasionale Ekonomiese Forum. (AP Photo/Dmitri Lovetsky)

Kinders spring tou tydens ʼn byeenkoms in ʼn pretpark in Pjongjang, Noord-Korea, op Internasionale Kinderdag. (AP Photo/Jon Chol Jin)

Die Poolse tennisspeler Agnieszka Radwanska slaan af tydens haar wedstryd teen Alison van Uytvanck van België in die Franse Ope.
(AP Photo/Petr David Josek)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.