Die wêreld in foto’s – 1 Junie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Palestyne loop na die Qalandia-kontrolepunt tussen die Wes-oewerse stad Ramallah en Jerusalem om die derde Vrydaggebede in Jerusalem se al-Aqsa-moskee tydens die Moslem- heilige maand van Ramadan by te woon. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

Mariano Rajoy, Spanje se eerste minister (onder regs), wuif terwyl lede van sy party hom toejuig tydens die tweede dag van debat oor ’n mosie van wantroue by die Spaanse parlement in Madrid. Die sosialistiese opposisieleier, Pedro Sanchez, is op die punt om ’n einde te bring aan Rajoy se heersing van meer as ses jaar as Spaanse eerste minister. Dit sal die eerste keer in vier dekades van demokrasie wees dat ’n eerste minister deur die parlement uit sy amp verwyder word. Dit blyk onvermydelik te wees dat Spanje se konserwatiewe regering die stemproses oor die mosie gaan verloor. (Foto: Francisco Seco, AP)

Tegnici gaan die olie op die doekskildery “Toilette” deur Petr Iosifovich Smukrovich na wat Vrydag een van die hoogtepunte van die veilingshuis Sotheby se Russiese verkoping in Londen is. Die beraamde waarde van dié skildery is tussen £200 000 en £300 000. (Foto: Frank Augstein, AP)

Twee baljoggies kyk hoe Bulgarye se Grigor Dimitrov en Spanje se Fernando Verdasco mekaar die stryd aansê tydens die derde ronde van hul wedstryd in die Franse Ope-tennistoernooi op Roland Garros in Parys. (Foto: Christophe Ena, AP)

’n Vrou spog met ’n vlindermotiefhoed by die 2018 Derbyfees se damesdag by die Epsom Downs-renbaan in Epsom, Engeland. (Foto: David Davies, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.