Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Italië het intussen talle toeristebestemmings heropen ná maande se afsondering.
Só geniet Italianers dié bestemmings.

Polisiebeamptes patrolleer die omgewing buite die Colosseum in Rome tydens die heropening van dié antieke bouwerk. (Foto: Domenico Stinellis, AP)

Alfonsina Russo, direkteur van die Colosseum- argeologiese-park, spreek lede van die media toe tydens die heropening van dié baken in Rome. (Foto: Domenico Stinellis, AP)

Besoekers loop deur die galery van kaarte in die Vatikaan-museum in Rome. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)