Die wêreld in foto’s – 1 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-7

Gevangenes bou ʼn tweede heining tussen Hongarye en Serwië, ongeveer 178 km van Boedapest. Die regering van Hongarye het dié heining laat bou om immigrante uit te hou. Foto: Sandor Ujvari, AP

wereld-foto-1

ʼn Motor steek by ʼn gebou se venster uit tydens brandweeropleiding in Kummer, Duitsland, om mense te red wat in klein plekkies vasgekeer is. Foto: Bernd Wuestneck, AP

wereld-foto-6

Israelse polisiemanne verwyder immigrante van ʼn huis se dak kort voordat dié gebou gesloop is. Nege huise in Ofra is gesloop ná ʼn hooggeregshof bevind het dié huise is op private Palestynse grond gebou. Foto: Sebastian Scheiner,AP

wereld-foto-8

Mense in China staan reg vir ʼn kiekie in ʼn park naby die Hanjiang-rivier in Hanzhong. Foto: Tao Ming, Xinhua/

wereld-foto-9

Modelle vertoon Maison Margiela se herfsklerereeks tydens modeweek in Parys, Frankryk. Foto: Zacharie Scheurer, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carol ·

Die Serwiërs en Hongare bou heinings en media stilte, maar Donald Trump word gekruisig oor sy muur ….

SARIE VAN HEERDEN ·

Gee Donald Trump kans om te wys of hy reg of verkeerd is. Die Amerikaners en selfs Europeers is besig om sat te raak vir werklose “immigrante”. Vreemdelinge wat op hul nekke kom le. Hoog tyd ook dat dit ORAL toegepas word en mense in hul eie lande sit sonder werk omdat meeste van hulle te lui is om iets te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.