Die wêreld in foto’s – 1 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Vrou rangskik blomme in Hanoi, Viëtnam, ’n dag nadat die VSA se pres. Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, hul tweede beraad met ʼn dag kortgeknip het sonder om ’n ooreenkoms te bereik. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

Die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg woon ’n protesoptog in Hamburg, Duitsland, by. (Foto: Daniel Reinhardt, AP)

Philippe Etienne (links), die diplomatieke adviseur van die Franse president, in gesprek met die Chinese visepresident, Hu Chunhua, by die Groot Volksaal in Beijing, China. (Foto: Lintao Zhang, AP)

Polisiebeamptes dra maskers terwyl hulle wag hou in Seoel, Suid-Korea. Die metropolitaanse owerheid in dié stad het inwoners gewaarsku teen fyn stof en aangeraai om binnenshuis te bly. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Die VSA se John Isner beantwoord ʼn hou van Australië se John Millman tydens die kwarteindstryd van die Mexikaanse Ope in Acapulco, Mexiko. (Foto: Rebecca Blackwell, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.