Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Iemand by ʼn Halloween-parade in Chicago in Amerika, waar honderde mense deelgeneem het aan die jaarlikse tradisie.Foto: Xinhua/Wang Ping
Duisende Fillipyne beweeg na Manila se Noord-begraafplaas, wat die land se grootste is, om hulde te bring aan hul afgestorwe geliefdes. Dis Dinsdag Allerheiligstedag in die Fillipyne. Foto: AP Photo/Bullit Marquez
ʼn Model vertoon ʼn skepping van Shehla Chatoor tyden Pakistan se modeweek in Karachi.Foto: Xinhua/Arshad
Mense van Sri Lanka kyk na ʼn trop olifante by ʼn olifant-‘weeshuis’ in Colombo in Sri Lanka. Olifante is vir eeue lank beskou as ʼn statussimbool. Talle mense, onder meer ʼn regter en ʼn monnik, staan egter nou tereg op aanklagte van onwettige besit van die diere.Foto: AP Photo/Eranga Jayawardena
Ricky Skaggs kyk na die Founders-toekenning wat hy ontvang het by die 54ste ASCAP Country–musiektoekennings in Nashville.Foto: Wade Payne/Invision/AP
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.