Die wêreld in foto’s – 1 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die lug Donderdag in skakerings van rooi, blou en oranje ’n uur voor sonop aan die buitewyke van Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Kinders in Zagoo, suid van Srinagar in Kasjmir, Indië, hou Donderdag die begrafnis dop van die vermeende rebel Mukhtar Ahmad Khan. Volgens amptenare is twee rebelle dood tydens ʼn skietgeveg met Indiese regeringsmagte. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

Indië se Rashtrapati Bhawan, of te wel die presidensiële paleis, is deels sigbaar deur die rookmis as gevolg van erge lugbesoedeling in dié land. Owerhede is tans besig om voor te berei vir ʼn groot Hindoe-fees met heelwat vuurwerk wat dreig om Nieu-Delhi verder met giftige rook en stof te besoedel. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Werknemers van Google Donderdag buite dié internet-maatskappy se Europese hoofkantoor in Dublin, Ierland. Honderde Google-ingenieurs en ander werkers het Donderdagoggend gedros uit protes teen die internet-maatskappy se gematigde optrede teen bestuurders wat van seksuele wangedrag beskuldig word. Protesaksie het ook by Google-kantore in Tokio, Singapoer, Londen en Dublin plaasgevind. (Foto: Niall Carson, AP)

Serwië se Novak Djokovic Donderdag in aksie tydens die derde ronde van die Parys Meesters-tennistoernooi in die Bercy Arena in Parys, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.