Die wêreld in foto’s – 1 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Agt weke oue panda-beertjie, een van ’n tweeling, Donderdag in die dieretuin in Berlyn, Duitsland. (Foto: Zoo Berlin, AP)

’n Polisiehond is versier met ’n blommekrans tydens die Tihar-fees by die polisiehondehok-afdeling in Katmandoe, Nepal. Dié Hindoe-fees word gewy aan die aanbidding van die Hindoe-godin van rykdom, Laxmi. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Sterk en droë wind waai warm as die lug in tydens ʼn brand wat in San Bernardino, Kalifornië, uitgebreek het. Talle huise in die omgewing is deur die brand vernietig. (Foto: Noah Berger, AP)

Suid-Afrika se rugbykaptein, Siya Kolisi (links), en hulpafrigter, Mzwandile Stick (regs), woon ’n mediakonferensie by net voor die Wêreldbeker-rugbytoernooi se eindwedstryd Saterdag tussen Engeland en Suid-Afrika in Jokohama in Japan. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Ondersteuners van Jamiat Ulema-e-Islam, die Pakistanse radikale Islamitiese party, neem aan ’n optog deel teen die regering in Islamabad, Pakistan. Duisende lede van dié party het in die hoofstad van Pakistan kamp opgeslaan. Hulle eis dat die eersteminister Imran Khan moet bedank weens ekonomiese ontberings. (Foto: Anjum Naveed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.