Die wêreld in foto’s – 1 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Nasionale vlaghysseremonie word Maandag op Tian’anmenplein in Beijing gehou om die 69ste herdenking van die stigting van die Volksrepubliek van China te vier. (Foto: Li Gang, Xinhua)

“Trabuqueros” in tradisionele klere hou Maandag hul haelgewere vas tydens ʼn saamtrek in Sant Julia de Ramis in Spanje. Dit is presies een jaar sedert polisielede in dié dorp geweld gebruik het om toegang tot ʼn stemlokaal in ʼn skool te verkry. Honderde mense is die oggend van 1 Oktober 2017 beseer toe ʼn verbode referendum wat deur die polisie onderdruk is nié tot ʼn onafhanklike staat gelei het nie. (Foto: Manu Fernandez, AP)

ʼn Lid van die Italiaanse weermag Maandag op die toneel waar ʼn aanval op ʼn militêre konvooi van die Europese Unie in Mogadishu, Somalië, van stapel gestuur is. Volgens ʼn Somaliese polisiebeampte het ʼn selfmoord-motorbomaanvaller ʼn militêre konvooi van die Europese Unie geteiken. (Foto: Farah Abdi Warsameh, AP)

ʼn Man luister na ʼn toespraak gedurende ʼn betoging deur pensioenarisse in Pamplona, Noord-Spanje. Tienduisende bejaarde Spanjaarde het van oor dié land gereis om ʼn toename in openbare pensioenuitbetalings te eis. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

ʼn Visserman gooi Maandagoggend sy lyn uit in die getykom naby die Martin Luther King-gedenkteken in Washington. (J. David Ake, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.