Die wêreld in foto’s – 1 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

ʼn Polisiebeampte staan wag by ʼn skool buite Marseille, in die suide van Frankryk, as deel van die algemene veiligheidsmaatreëls van die skool. Skole in Frankryk sal nou drie veiligheidsoefensessies per jaar hou na verskeie terreuraanvalle in die land. Een van die sessies sal leerders voorberei vir aanvallers op die skoolgrond. Foto: Claude Paris/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Chinese polisiebeampte stel padveiligheidstekens bekend aan leerders van die Wuluo-laerskool. Foto: Xinhua/Zhu Xudong) (yxb)/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Twee Suid-Koreaanse Boeddhiste deel oorfone terwyl hulle na ʼn vertaalde praatjie van die geestelike leier, die Dalai Lama, luister by die Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Foto: Ashwini Bhatia/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Indiese meisie hou ʼn plastiekstoeltjie oor haar kop om haar te beskerm teen die reën in New Delhi, Indië. Indië se reënseisoen begin in Junie en duur tot einde Oktober. Foto: Tsering Topgyal/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Aanhangers van die Hindu-geloof voer ʼn ritueel uit by die Bagmati-rivier tydens die viering van Vadersdag in Kathmandu. Foto: Xinhua/Sunil Sharma)(axy)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SE NET ·

ek geniet hierdie fotos wat jul elke dag opsit… baie dankie vir dit..
so sien ons ook die res van die wereld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.