Die wêreld in foto’s – 1 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het talle betogers saam met die omgewingsgroep Extinction Rebellion die strate van Londen ingevaar in protes teen klimaatsverandering.

Betogers hou ʼn banier vas buite Buckingham-paleis. (Foto: Alberto Pezzali, AP)

Polisiebeamptes monitor ʼn protesoptog by die Parlamentsplein in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ʼn Betoger hou ʼn plakkaat vas tydens ʼn protesoptog in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Betogers loop in die strate van Londen met ʼn banier teen klimaatsverandering. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Lede van die omgewingsgroep Extinction Rebellion betoog teen klimaatsverandering. (Foto: Alastair Grant, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk Mostert ·

Aardverwarming aka klimaatsverandering. Die ergste pseudo-wetenskaplike globale bedrog ooit. Klimaatsverandering vind wel plaas, al vir miljarde jare. Gretha Tunberg is ‘n swak-opgevoede, semi-geskoolde kind wat deur volwassenes gebruik word om hul agenda te bevorder. Wetenskappe soos geologie, asook die geskrewe geskiedenis word deur hierdie leke-kliek geignoreer. Netsoos met Covid19 is dit ook ‘n triljoen-dollar ponzi-skema.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.