Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Vrou skryf ʼn boodskap teen ʼn winkelsentrum se muur in Ahlens, Stockholm, ná ʼn asielsoeker van Oesbekistan vier mense gedood het toe hy met ʼn trok in die winkelsentrum gejaag het. Dit is die dodelikste ekstremiste-aanval wat dié dorp nog getref het. Foto: Markus Schreiber, AP
ʼn Jong Tibettaanse monnik gee ʼn lang gaap tydens die Dalai Lama se lering by die Thupsung Dhargyeling-klooster in Dirang, Indië. Foto: Tenzin Choejor, AP
ntonio Giovinazzi van Italië bots teen ʼn muur tydens die kwalifiserende rondte by die Chinese Formule Een Grand Prix in Sjanghai. Foto: Mark Schiefelbein, AP
ʼn Kind van Tegucigalpa, die hoofstad van Honduras, verkoop palmtakke tydens die viering van Palmsondag, ’n Christelike fees wat op die Sondag voor Paasfees plaasvind. Foto: Rafel Ochoa, Xinhua
Ultra-ortodokse Jode versamel fonteinwater in die berge van Jerusalem met die oog op Pasga. Foto: Guo Yu, Xinhua
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Ek wag gereeld vir die “Wereld in foto’s” wat so pragtig is. Baie dankie Maroela.