Die wêreld in foto’s – 10 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Priester neem Dinsdag ʼn foto waar pous Franciskus die mis bedien in die St. Petruskerk in die Vatikaanstad. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ʼn Een week oue lammetjie Dinsdag in ’n kamp in die Budakeszi-wildtuin, wes van Boedapest, in die Hongarye. (Foto: Szilard Koszticsak, AP)

William Hagerty, die Amerikaanse ambassadeur in Japan, en sy vrou, Chrissy, Dinsdag saam met familielede van Japannese wat dekades gelede na Noord-Korea ontvoer is, tydens ʼn vergadering in die ambassadeurswoning in Tokio. Dié families het Hagerty gevra om pres. Donald Trump te versoek om maniere by sy verwagte ontmoeting met die Noord-Koreaanse leier te bespreek om hul geliefdes se terugkeer te verseker. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Amateurfotograwe neem Dinsdag foto’s van tulpe in die Hibiya-park in Tokio. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

Lede van die ver.di-unie met ʼn banier wat lees “Ons is die moeite werd” woon Dinsdag ’n byeenkoms by wat deel vorm van ʼn openbare sektor-loonstaking in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.