Die wêreld in foto’s – 10 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pous Franciskus arriveer vir sy weeklike oudiënsie op St. Pietersplein in die Vatikaan. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Takbokke staan vroegoggend in ʼn veld naby Hildesheim, Duitsland. (Foto: Moritz Frankenberg, AP)

Middelbare skoolleerders spring in die lug op tydens hulle besoek aan die kersiebloeiselfees in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Amerikaanse en Filippynse troepe berei hulle voor vir hul finale aanval tydens die gesamentlike VSA-Filippynse Militêre Oefening-vlag, gedoop “Balikatan 2019”, in Crow Valley in die Capas-nedersetting in die Tarlac provinsie, noord van Manila, Filippyne. Ongeveer 8 000 Filippynse en Amerikaanse soldate het aan hierdie twee weke lange oefening deelgeneem wat veral op “territoriale verdediging” fokus. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Die skare juig terwyl hulle ʼn bord vashou ter ere van die Dallas Mavericks se Dirk Nowitzki tydens die laaste minute van dié span se NBA-basketbalwedstryd teen die Phoenix Suns in Dallas. (Foto: Tony Gutierrez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barend ·

Die veld in Duitsland lyk rêrig anders as hier by ons. Dit lyk kompleet soos bewerkte grond!
En wie het toe gewen, die Dallas Mavericks of die Phoenix Suns?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.