Die wêreld in foto’s – 10 Augustus 2016

In hierdie spesiale uitgawe van die Wêreld in Foto’s bring ons hulde aan die atlete van die 2016 Olimpiese Somerspele in Rio de Janeiro, Brasilië. Die Olimpiese Spele het op Vrydag 5 Augustus by Rio se Maracanã stadion begin en die afsluitingseremonie vind op Sondag  21 Augustus by dieselfde stadion plaas.

Nigerië se Josh Akognon (groen) dribbel die bal tydens ʼn mans basketbal uitdun ronde teen Litaue. Litaue het met 89-80 geseëvier. Foto: Xinhua/Xu Zijian/wire.africannewsagency.com

Zahra Nemati van Iran vuur ʼn pyl af tydens ʼn uitdunrondte van die individuele boogskiet-kompetisie in Rio de Janeiro se Sambadrome. Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino/wire.africannewsagency.com

Larissa Franca van Brasilië duik vir die bal tydens ʼn vlugbal wedstryd teen die VSA. Foto: AP Photo/Marcio Jose Sanchez/wire.africannewsagency.com

Claire Lavogez van Frankryk veg om balbesit teen Rebekah Stot en Ria Percival van Nieu-Seeland, tydens ʼn Groep G-wedstryd tussen Frankryk en New Zealand in die Olimpiese sokker vir vroue. Die wedstryd is by die Fonte Nova-arena in Salvador, Brasilië, gehou. Foto: AP Photo/Arisson Marinho/wire.africannewsagency.com

Khasan Khalmurzaev van Rusland (links) vier sy oorwinnig na die eindstryd van die judo vir mans 81 kg tussen Khalmurzaev en Travis Stevens van die VSA. Khalmurzaev het die goue medalje verower. Foto: Xinhua/Wu Wei/wire.africannewsagency.com

Madison Kocian van die VSA neem deel aan ʼn dwarsbalk-item tydens die span-finaal van die artistieke gimnastiek vir vroue. Die VSA het die goue medalje verower. Foto: Xinhua/Li Ga/wire.africannewsagency.com

Park Sangyoung van Suid-Korea (regs) sê Geza Imre van Hongarye die stryd aan tydens die goue medalje eindstryd in skerm. Sangyoung het die goue medalje verower. Foto: Xinhua/Liu Dawei/wire.africannewsagency.com

Jun Hoong Cheong en Pandelela Rinong Pamg van Maleisië neem deel aan die 10 m gesinchroniseerde platformduik vir vroue. Foto: Xinhua/Cao Can/wire.africannewsagency.com

Phillip Dutton van die VSA neem aan die individuele perdespring-item van die Olimpiese driegangkampioenskap vir perde deel. Foto: Xinhua/Liu Bin/wire.africannewsagency.com

Shi Zhiyong van China neem aan die Groep A eindstryd vir mans in die 69 kg gewigoptel deel. Shi Zhiyong het die goue medalje verower met 352 kg. Foto: Xinhua/Cheng Min/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.