Die wêreld in foto’s – 10 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Feesganger gereflekteer deur middel van ʼn liginstallasie op die tweede dag van die 26ste Szigetfees op die Shipyard-eiland in Boedapest, Hongarye. Die Szigetfees is een van die grootste kulturele gebeurtenisse in Europa wat feesgangers kunsuitstallings, teater- en sirkusoptredes en veral musiekkonserte bied. (Foto: Marton Monus, AP)

ʼn Brandbestryder in aksie tydens die Hat-brand naby Fall River Mills in Kalifornië. (Foto: John Locher)

Nederland se Rutger Koppelaar in ʼn poging om vir die manspaalspring te kwalifiseer by die Europese Atletiekkampioenskapstoernooi by die Olimpiese stadion in Berlyn, Duitsland. (Foto: Matthias Schrader)

ʼn Vrywilliger maak rubbereendjies uit die Chicagorivier bymekaar ná die 13de jaarlikse Chicago Ducky Derby in Chicago. Derby-organiseerders het oor die 60 000 rubbereendjies in die Chicagorivier gegooi om te help met geldinsameling vir die Illinois Spesiale Olimpiese Spele. (Foto: Wang Ping, Xinhua)

Mense geniet Vrydag die sonsondergang in Noord-Lombok, Indonesië. Die noorde van Lombok is deur ʼn kragtige aardbewing verwoes wat die land Sondagaand getref het. Duisende geboue is beskadig en talle mense is in die aardbewing oorlede. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.