Die wêreld in foto’s – 10 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Dubbele reënboog strek oor die onderdorp van Buenos Aires by die Obelisk, waar sokkeraanhangers van River Plate hul span se sege oor Boca Juniors met ’n telling van 3–1 in Buenos Aires, Argentinië, vier. (Foto: Natacha Pisarenko, AP)

’n Orkes tree op tydens ’n seremonie waar ’n Kersboom se liggies in die middestad in Mati, Griekeland, aangesteek word. Dit volg byna vyf maande ná Griekeland se dodelikste veldbrand aan die kusoord Mati sowat 99 lewens geëis het. Ten spyte hiervan het inwoners Sondag bymekaargekom om die Kersboom se liggies voor die afskop van die feesseisoen aan te skakel. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

Ahmed Al-Sharafi hou sy sewe maande oue baba, Omar, vas voor sy huis in Sanaa, Jemen. Sowat 85 000 kinders jonger as vyf jaar oud het sedert April 2015 tot Oktober 2018 van die honger omgekom. Só sê Save the Children, ’n internasionale organisasie vir kinderregte. (Foto: Mohammed Mohammed, Xinhua)

Betogers verbrand Maandag ’n roterende beeld van die Filippynse president Rodrigo Duterte naby die presidensiële paleis in Manila in die Filippyne. Die betogers beskuldig Duterte van beweerde menseregteskendings sedert hy sowat twee jaar gelede aangestel is. (Foto: Bullit Marquez, AP)

‘n Standbeeld genaamd “One Million Queen” deur die Londen-gebaseerde Italiaanse kunstenaar Matt Marga, wat die Britse Koningin Elizabeth II uitbeeld, het Maandag onder Brexit-graffiti in Londen deurgeloop. (Foto: Tim Ierland, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.