Die wêreld in foto’s – 10 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die wêreld se grootste vuurwerk is Saterdag oor die ski-dorpie Steamboat Springs in Colorado, VSA, afgevuur. Die vuurwerk wat sowat 1 270 kg weeg, het 670 m in die lug bo die dorpie se winterkarnaval ontplof. Verteenwoordigers van Guinness-wêreldrekords het die rekord waargeneem en gesertifiseer. (Foto: Derek Maiolo, AP)

ʼn Werker loop deur rye Amerikaanse vlae met ʼn stensil van die Israelse vlag wat lui “Dood aan Israel”. Die Diba Parcham Khomein-fabriek in Iran is die hoofvervaardiger van Amerikaanse en Israelse vlae wat tydens betogings aan die brand gesteek word. (Foto: Ebrahim Noroozi, AP)

Branders breek aan die kus van Ayrshire in Ardrossan, Skotland. Treine, vlugte en veerbote is gekanselleer terwyl weerwaarskuwings in die Verenigde Koninkryk en Noord-Europa uitgereik is in verband met storm Ciara. (Foto: Andrew Milligan, AP)

Ysland-perde staan vas tydens ʼn sterk storm in Wehrheim naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Egpaar hou blomme vas op die toneel van ʼn massaskietery buite die Terminal 21-winkelsentrum in Korat, Thailand. Minstens 29 mense is dood en talle beseer nadat ʼn soldaat op inkopiegangers losgebrand het. Die skieter is daarna doodgeskiet. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.