Die wêreld in foto’s – 10 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Man ry fiets deur die mis in Berlyn, Duitsland. (Foto: Kay Nietfeld, AP)

Werkers maak ʼn treinspoor skoon ná ʼn sneeubui in Zermatt, Switserland. (Foto: Dominic Steinmann, AP)

Kate, die hertogin van Cambridge, gesels met kinders tydens ʼn besoek aan die Reach Academy in Londen. (Foto: Yui Mok, AP)

ʼn Soldaat van die Thaise weermag help ʼn man en sy seun deur die vloedwaters in ʼn straat in Bangkok. (Foto: Rachen Sageamsak, Xinhua)

ʼn Meisie neem foto’s saam met seemeeue by die Dianchi-meer in China se Yunnan-provinsie. (Foto: Lin Yiguang, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.