Die wêreld in foto’s – 10 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Sneeuploeg skep Donderdag sneeu uit ʼn straat in Berchtesgaden, Suid-Duitsland, nadat groot dele van Suid-Duitsland en Oostenryk swaar sneeuval beleef het. (Foto: Tobias Hase, AP)

Lede van Amnestie Internasionaal plaas ʼn nie-amptelike straatteken wat in Turks “Jamal Khashoggi-straat” beteken naby die Saoedi-konsulaat in Istanboel. Dié dag is die 100ste dag nadat die Saoedi-joernalis Jamal Khashoggi in die koninkryk se konsulaat vermoor is. (Foto: Lefteris Pitarakis, AP)

ʼn Houtkapper sit Donderdag op ʼn boom by ʼn meer naby die lughawe in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Mense staan by ʼn uitkykpunt in Sarajevo, Bosnië en Herzegowina. Ná ʼn week van vars lug is Sarajevo se lug in die vroeë oggendure besoedel met besoedelde deeltjies waarvan die daaglikse gemiddeld agt keer meer as die voorgeskrewe waardes is. (Foto: Nedim Grabovica, Xinhua)

Theresa May, die Britse eerste minister, Jason Leonard, ʼn voormalige rugbyspeler, en Shinzo Abe, Japannese eerste minister, kyk Donderdag hoe skoolkinders rugby speel tydens ʼn besoek aan die Twickenham Rugbystadion in Londen, Engeland. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.