Die wêreld in foto’s – 10 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Indiese paramilitêre soldaat bewaak ’n konvooi diplomate in Nieu-Delhi wat deur Srinagar, die Indies-beheerde Kasjmir, reis. Gesante van 15 lande, insluitend die VSA, besoek die Indies-beheerde Kasjmir vir twee dae nadat Indië die gebied van sy semi-outonome status gestroop het en vroeg Augustus sterk ingegryp het. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

Kimmer Coppejans van België speel ’n hou teen Roberto Bautista Agut van Spanje tydens hul ATP-beker-tennistoernooi in Sydney. (Foto: Steve Christo, AP)

Lede van die Iranse gemeenskap woon ’n nagwaak in die middestad van Montreal by ter nagedagtenis aan die mense wat gesterf het toe ʼn Oekraïense vliegtuig laat Dinsdag naby Teheran neergestort het. (Foto: Andrej Ivanov, AP)

President Donald Trump arriveer vir ’n verkiesingsveldtog in Toledo, Ohio. (Foto: Jacquelyn Martin, AP)

Gewapende rebelle van Soedan jubel tydens ’n besoek wat deur die Wêreldvoedselprogram (WFP) in die afgeleë dorp Kauda gereël is. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae