Die wêreld in foto’s – 10 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

‘n Lugfoto van ‘n veld in die suide van Duitsland wys die gesig van die teoloog en kerkleier Martin Luther wat deur boere geskep is vir die 500ste herdenking van die Kerkhervorming. (Foto: Peter Kneffel/dpa via AP)

Waterdruppels op ‘n stokroos in ‘n tuin in Frankfurt in Duitsland. (Foto: Patrcik Pleuel/dpa via AP)

‘n Lugfoto van die Hukou-waterval in die Geelrivier in China se Shanxi-provinsie. (Foto: Xinhau/Liu Wenli)

Die seekoei Julka swem saam met haar kalf in die Belgrade-dieretuin in Serwië. (Foto: AP Photo/Darko Vojinovic)

Deelnemers aan ‘n vroueliggaamsboukompetisie in Vancouver in Kanada. (Foto: Xinhau/Liang Sen)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chomp ·

Julka die seekoeikoei (vroulik) laat my dink aan die 1990’s Cadbury Chomp-advertensie.

SARIE VAN HEERDENS ·

Maroela, moet tog asseblief nie ophou om julle mooi foto’s as pasella vir ons te plaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.