Die wêreld in foto’s – 10 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Novak Djokovic van Serwië slaan die bal terug na die Belgiese speler Davin Goffin tydens ʼn mans-kwarteindstryd op die negende dag van die Wimbledon-tennistoernooi in Londen. (Foto: Tim Ireland, AP)

Bhuveneshwar Kumar (links) van Indië hardloop om die bal te keer nadat die Nieu-Seelandse speler Tom Latham die bal geslaan het tydens die Wêreldbeker-kriekettoernooi se halfeindstryd tussen Indië en Nieu-Seeland op Old Trafford in Manchester, Engeland. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

Fietsryers soos die Fransman Julian Alaphilippe (middel in geel trui) ry tydens die vyfde fase van die Tour de France-fietswedren van meer as 175,5 km. Fietsryers het in Saint-Die-Des-Vosges weggespring en eindig in dié skof in Colmar. (Foto: Thibault Camus, AP)

Duitse kanselier Angela Merkel luister na vrae tydens die nuuskonferensie na afloop van die ontmoeting met die eerste minister van Finland, Antti Rinne, in die kanseliersgebou in Berlyn. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ʼn Alligator dryf in die Humboldt Park Lagoon in Chicago. Volgens die owerhede kon hulle nog nie vasstel hoe die alligator in dié strandmeer beland het nie. (Foto: Armando L. Sanchez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.