Die wêreld in foto’s – 10 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Navorser van die instituut vir veeartsenykunde, wat deel is van die Noord-Koreaanse akademie vir landbounavorsing, toets vir Afrika-varkgriep in die Ryongsong-distrik in dié land. Noord-Korea het Maandag ʼn uitbraak van die dié siekte op ʼn plaas naby die grens met China bevestig. (Foto: Cha Song Ho, AP)

Dansers in die strate tydens die Philly’s LGBT Pride-parade in die Amerikaanse stad Philadelphia. Met “Stonewall 50” as tema het die optog die Stonewall-protes van 1969 gedenk. Dié protes word gesien as die begin van die beweging vir LGBT-regte. (Foto: Jose F. Moreno, AP)

The Boston Bruins vier hul oorwinning teen die St. Louis Blues in die eindstryd van die NHL Stanley-yshokkiebeker in St. Louis. The Boston Bruins het ʼn oorwinning van 5-1 behaal. (Foto: Scott Kane, AP)

Mense geniet die weer op die strand naby die VSA se grensmuur in Tijuana, Mexiko. (Foto: Eduardo Verdugo, AP)

ʼn Man met ʼn sambreel Maandag by die Hie-heiligdom in Tokio. Dié streek se reënseisoen is aan die kom. (Foto: Jae C. Hong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.