Die wêreld in foto’s – 10 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan terwyl noodsaaklike dienste en mediese personeel dié wêreldwye pandemie beveg.

Te midde hiervan het verpleegpersoneel in Milaan, Italië, ʼn vreedsame optog gehou om owerhede te herinner aan medici se opofferings tydens die Covid-19-pandemie. Die geleentheid is ook gebruik om ʼn pleidooi aan die regering te rig vir beter werksomstandighede.

Só lyk die verpleegpersoneel se vreedsame optog.

Verpleegpersoneel dra uitdrukkinglose gesigsmaskers tydens ʼn vreedsame optog. (Foto: Luca Bruno, AP)

Verpleegpersoneel hou plakkate vas wat lees: “Ons bring hulde aan dié wat omgekom het in die stryd teen Covid-19” in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

Verpleegpersoneel tydens hul vreedsame optog in Milaan. (Foto: Luca Bruno, AP)

Verpleegpersoneel van die NurSind-unie hou ʼn vreedsame optog voor die Pirelli-wolkekrabber in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

Verpleegpersoneel dra uitdrukkinglose gesigsmaskers tydens ʼn vreedsame optog voor die Pirelli-wolkekrabber in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.