Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Joko Widodo, president van Indonesië, en koning Willem-Alexander van Nederland inspekteer die erewag tydens die verwelkomingseremonie by die presidentspaleis in Bogor, Wes-Java, Indonesië. (Foto: Adek Berry/Pool Photo, AP)

Parlementslede staan by stembusse om die grondwet van 2008 by die Unie-parlement in Naypyitaw, Mianmar, te wysig. Parlementslede het Dinsdag begin stem om die rigiede grondwet van die land te wysig, waaronder die artikel wat Aung San Suu Kyi, die Mianmar-leier, diskwalifiseer as president. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

ʼn Vrou staan by die kunswerk Marilyn Diptych tydens ʼn mediavoorskou van die Andy Warhol-uitstalling in die Tate Modern-galery in Londen. Die uitstalling bevat meer as 100 van die Amerikaanse kunstenaar se werke wat in die tweede helfte van die 20ste eeu tot sy dood in 1987 geskilder is. (Foto: Matt Dunham, AP)