Die wêreld in foto’s – 10 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ursula von der Leyen, Duitsland se minister van verdediging, Woensdag tydens ʼn perskonferensie in Berlyn waar sy vrae moes beantwoord oor gerugte van ekstremisme in dié land se weermag. Foto: Markus Schreiber, AP

Lee Nak-yon is Woensdag as Suid-Korea se nuwe president ingehuldig in Seoel, dié land se hoofstad. Foto: Yao Qilin, Xinhua

ʼn Non vroeër die week besig om ʼn kers aan te steek in die Fatima-toevlugsoord in Portugal. Foto: Armando Franca, AP

ʼn Indiese meisie met kos en water wat sy op Buddha Purnima, ʼn fees in Nieu-Delhi, ontvang het. Op dié fees word onder meer die geboorte van die Boeddha gedenk. Foto: Tsering Topgyal, AP

ʼn Lugfoto met die prag van die Chishui-bamboe-woud in suidweste van China se Guizhou-provinsie. Foto: Ou Dongqu, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.