Die wêreld in foto’s – 10 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Man loop in die skaduwee van ’n gebou in Tokio. Warm weer duur voort in dié metropolitaanse gebied. Volgens Japan se weerburo kan temperature tot 28 °C styg. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Sangeres Mavis Staples (middel) tree op by die Apollo-teater in New York ter viering van die vrystelling van haar nuwe album, “We Get By”. (Foto: Brad Barket, AP)

Die bekende aktrise, Anne Hathaway, gereed vir ’n foto op haar nuwe ster op die Hollywood Walk of Fame ná afloop van ’n seremonie ter ere van haar in Los Angeles. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Kunstenaar Tony Costa staan vir ’n foto by sy portret van die kunstenaar, Lindy Lee, nadat hy die Archibald-prys gewen het in Sydney, Australië. Die Archibald is Australië se mees gesogte jaarlikse prys vir ’n portretskilderwerk. (Foto: Rick Rycroft, AP)

Paulo Andre van Brasilië se Athletico Paranaense-span (regs) veg vir die bal teen Mauro Zarate van Argentinië se Boca Juniors gedurende ’n Copa Libertadores-sokkerwedstryd in Buenos Aires, Argentinië. (Foto: Gustavo Garello, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.