Die wêreld in foto’s – 10 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Filippynse makelaar hou Donderdag ʼn oog op Filippynse markte in dié land se aandelebeurs in Makati, suid van Manila, ná Donald Trump se onverwagse sege in die Amerikaanse presidentsverkiesing. Markte in Asië het ná Trump se gematigde aanvaardingstoespraak verrassend herstel. Foto: Aaron Favila, AP

Kort nadat Donald Trump as president van die VSA verkies is, het duisende betogers Donderdag in Seattle en ander stede in die VSA die strate ingevaar om hul ontevredenheid met die verkose president te wys. Foto: Ted S Warren, AP

Die Kanadese ruiter Mac Cone op sy perd, Gasper van den Doorn, Woensdag tydens die FEI wêreldbekertoernooi vir perdespringsport in Toronto, Kanada. Foto: Zou Zheng, Xinhua

Rodrigo Duterte, die Filippynse president, inspekteer ʼn erewag tydens ʼn verwelkomingseremonie in Putrajaya in Maleisië. Duterte het Donderdag op ʼn amptelike besoek in dié land aangekom. Foto: Vincent Thian, AP

Prins Harry Donderdag by die amptelike opening van die poppieveld buite Westminster-abdy in Londen. Handgemaakte blomme word jaarliks buite die abdy aangebring ter nagedagtenis aan lede van die Britse magte wat sedert die Eerste Wêreldoorlog wêreldwyd gesneuwel het. Foto: Matt Dunham, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sarie van heerden ·

Weet nie waarom Amerikaners betoog oor Trump se oorwinning na die verkiesing nie. Die man is demokraties verkies. En diegene wat demonstreer is maar ‘n handjievol mense wat skielik gratis publisiteit kry omdat hul bang is dat onwettige immigrante sal moontlik gedeporteer word en daar sal strenger opgetree word aan werkers wat sonder die regte immigrasie dokumente, nie werk sal kan kry/behou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.